Search the Site:

Jeffreysbaai-klub blink uit in rugby

DIE Jeffreysbaai-rugbyklub het verlede Vrydagaand ‘n funksie gehad waartydens hulle truie van borge ontvang het. Dié klub spog met ongeveer 60 aktiewe spelers. Jeffreysbaai speel in die Super Liga, Adams-beker. Hulle het die seisoen reeds ses wedstryde gespeel, waarvan hulle vier gewen het. Die klub oefen op die Pellsrus-sportgronde, elke Maandag en Donderdagaand van 6nm af.
Hulle het verlede Saterdag teen Kwaru in Port Elizabeth gespeel en al drie Jeffreysbaai- spanne het gewen. Die tellings was: eerste span 8 - 3; tweede span 8 - 0; en die derde span 13 - 0.
Hierdie Saterdag speel hulle teen Patensie op Patensie in die “Sectional Cup” wedstryd. Die eerste wedstryd skop om 1nm af en die eerste spanne draf om 3.30nm uit.
Maxom-konstruksie het die funksie by die Savoy-hotel geborg. Enige belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Kontak die afrigter, Chris Brown, by 083-6503718. VERSLAGGEWER